Oor die Stasie

Die stasie gebruik een Wireless Davis Vantage Pro2 Plus including UV & Solar Radiation Sensors. Die gegewens op hierdie tuiste word van Weather Display geproduseer. Die stasie bevat een anemometer, renmeter en een thermo-hydro sensor, opgestel in die mees optimale posisie vir die mees akkurate gegewens.

Oor Moycullen

n Plek van groot natuurlike skoonheid, Moycullen word begrens aan die Ooste deur Lough Corrib, na die Suide deur die buitewyke van Galway en Noord/Noord Wes deur Connemara en die Gaeltacht wat elkeen n invloed het op die landskap en gewasse van Moycullen.

Slegs 7 myl vanaf Galway, die universiteits stad, is Moycullen met n lang historiese en geskiedkundige tradisie in gevestig. Die naam Moycullen kon ontstaan het, of, van Magh Uilinn, die legende van die moord op die reuse Uilinn, of van Magh Cuilinn die plain of the Holly. Vir eeue heen was Moycullen n Iers sprekende, boerdery gemeenskap. Die spil was rondom die dorpskerk Muire Gan Sml, met vyf nasionale skole versprei oor die dorpsgrense heen wat dit n klein kruispad na die stad toe gemaak het. Sedert die hongersnood was emigrasie die lot van Moycullen se families na die VSA en Engeland. Sedert die 1990s egter het Moycullen n ongekende stads populasie groei getoon met baie wat sou werk in NUIG, GMIT, die universiteits hospitaal, die kunste en besigheids-industrie . Restaurante, kafees, ouderwetse winkeltjies, n groot supermark, n verskeidenheid treffende kroe en baie onlangs n Vrydag ope lug mark verryk die dorp.

Sport is n integrale deel van die Moycullen lewenswyse met n lang geskiedenis in GAA wat onlangse oorwinnings in die All-Ireland Football Intermediate Championship in 2008 insluit. In die All-Ireland handbal liga het Moycullen ook al vir baie jare sukses. n Gevestigde Moycullen Basketbal klub het spanne van alle ouderdoms groepe wat baie suksesvol op plaaslike en nasionale vlak kompeteer. Die Senior Mans Basketbal span het die Senior Nasionale Beker in Januarie 2009 gewen en neem nou deel aan die Nasionale Super Liga. Forel en Varswatersnoek word in Ballyquirke en baie ander kleiner mere gevang.

Desnieteenstaande die feit dat Moycullen baie naby die stad is het die omgewing onbedorwe en in sommige plekke woes en wild gebly. Vol gesang kan op n klein afstand van die dorp gehoor word. Fisante, jakkalse en ratels word dikwels gesien. Treffende uitsigte kan waargeneem word vanaf die dorp ooswaarts oor Lough Corrib. Vanaf hor liggende gebiede soos Cru Hill, The Twelve Pins en Connemara kan uitsigte na die Weste gesien word met Galway Baai, die Clare heuwels en die Aran Eilande na die Suide.

Die Moycullen Diaspora l nog diep in die nagedagtes en belangstellings van diegene wat reeds jare gelede gemigreer het. Hulle bly bewus dat deelneming aan die Moycullen leefstyl nou moontlik is deur die telefoon, internet en plaaslike tydskrifte.

Moycullen, so naby aan n stad asook so na-aan die natuur word spesiaal gemaak deur sy gemeenskap en gebruike, sy geskiedenis en ongerepte landskap.

Oor hierdie webtuiste

Die voorleg van hierdie tuiste is ontwikkel deur CarterLake.org met PHP conversie deur Saratoga-Weather.org.
Met dank aan Kevin Reed van TNET Weather vir sy werk aan die oorspronklike Carterlake voorlegte, en sy ontwerp van die algemene webtuiste PHP management.
Met dank aan Mike Challis van Long Beach WA vir sy windroos-generator, thema-kieser en sy hulp met die CSS styling van hierdie voorleg.
Met dank aan Ken True van Saratoga-Weather.org vir die AJAX kondisies aanwysing, paneelbord en die integrasie van TNET Weather algemene PHP tuiste ontwerp van hierdie webtuiste.

Met dank aan Piet Ludwick vir die vertaling van die "Oor Moycullen" stuk.

Oorspronklike voorleg is van Designs by Haran.

Hierdie voorleg is XHTML 1.0 compliant. Valideer XHTML en CSS van hierdie bladsy.